Ezra 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat hulle offers van lieflike geure aan die God van die hemel kan bring en bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal dan in staat wees om aanvaarbare offers aan die God van die hemel te bring en vir my en my seuns te bid.
Afrikaans 1933/1953 dat hulle welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.
Afrikaans 1983 sodat hulle vir die God van die hemel offers kan bring wat vir Hom aanneemlik is en kan bid dat die lewens van die koning en sy seuns gespaar mag word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat hulle offers met 'n aangename geur aan die God van die hemel kan bring, en kan bid vir die lewe van die koning en sy seuns.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet dit gee sodat die priesters offers kan bring wat lekker ruik vir die God van die hemel, en sodat hulle vir die koning en sy kinders kan bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moet vir die God van die hemel alles kan offer wat Hy wil hê. Hulle moet vir my en my seuns bid dat die Here ons voorspoedig sal maak.