Ezra 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het koning Daríus 'n bevel uitgevaardig, en daar is deursoek in die huis van die rolle, waar die skatte in Babel weggelê is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Darius het toe opdrag gegee dat ’n ondersoek in die argiewe in Babel gedoen moes word. Die dokumente is daar gehou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het koning Dar¡us bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre. |
| Afrikaans 1983 | In opdrag van koning Darius is daar toe ondersoek gedoen in die argiewe in Babel waar die dokumente gebêre word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het koning Darius opdrag gegee en ondersoek is ingestel in die argiewe waar kosbaarhede daar in Babel bewaar word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Darius het toe gesê sy mense moet soek in die kamers in die land Babel waar hulle die boeke en die briewe gebêre het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Darius het toe gesê hulle moet in die plek waar die koning se geskiedenisse en ander belangrike dinge in Babel gebêre word, gaan kyk of daar so iets is. |