Ezra 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ons daardie ouderlinge gevra en so vir hulle gesê: Wie het julle beveel om hierdie huis te bou en hierdie mure te bou?
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het die leiers gevra: ‘Wie het vir julle toestemming gegee om hierdie tempel te herbou en hierdie gebou te herstel?’
Afrikaans 1933/1953 Toe het ons daardie oudstes gevra; so het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?
Afrikaans 1983 Ons het toe by die mense wat die leiding neem, navraag gedoen. Ons het vir hulle gesê: ‘Van wie het julle opdrag gekry om dié tempel te bou en sy timmerasie op te sit?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het daardie oudstes toe uitgevra, en dit is wat ons vir hulle gesê het, ‘Wie het julle opdrag gegee om hierdie huis te herbou en hierdie struktuur te voltooi?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het vir hulle leiers gevra: “Wie het gesê julle moet hierdie tempel bou en die muur regmaak?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het vir die voormanne by die werk gevra wie vir hulle gesê het hulle mag voortgaan om die tempel te bou en dit klaar te probeer maak.