Ezra 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit aan die koning bekend wees dat ons in die provinsie Judéa gegaan het, na die huis van die grote God, wat met groot klippe gebou is, en hout is in die mure gelê, en hierdie werk gaan vinnig voort en is voorspoedig in hulle hande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hiermee wil ons aan u bekendmaak dat ons na die bouterrein van die tempel van die groot God in die provinsie Juda gegaan het. Die bouwerk word met spesiaal voorbereide stene gedoen en balke word ook in die mure ingebou. Die werk word met groot ywer gedoen en hulle maak goeie vordering. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande. |
| Afrikaans 1983 | “Ons bring tot die koning se kennis dat ons na die provinsie Juda toe gegaan het en daar by 'n groot tempel uitgekom het. Dit word gebou van gekapte klip en die balke word al op die mure gelê. Die werk word met ywer gedoen en vorder vinnig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ons stel graag die koning in kennis dat ons na die provinsie Juda gegaan het, na die huis van die groot God. Dit word met groot klippe gebou en balke word in die mure gelê. Die werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil hê dat die koning moet weet dat ons na die provinsie Juda gegaan het. Ons het daar 'n groot tempel gesien. Hulle bou die tempel se mure van groot klip en hout. Hulle doen die werk goed en hulle doen dit vinnig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons wil aan die koning rapporteer dat ons na die hoofstad van Juda gegaan het. Daar word in Jerusalem ’n tempel gebou van gekapte klip en houtbalke wat in die muur vasgesit word. Hulle werk hard. Die werk vorder vinnig. |