Ezra 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die afskrif van die brief wat Tatnai, goewerneur weskant die rivier, en Setarbosnai en sy metgeselle, die Afarsagiete, wat aan die ander kant van die rivier was, aan koning Daríus gestuur het:
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie is ’n afskrif van die brief wat die goewerneur Tattenai, Setar-Bosnai en die ander amptenare van die provinsie wes van die Eufraat vir koning Darius gestuur het.
Afrikaans 1933/1953 'n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsega‹ete wat wes van die Eufraat was, aan koning Dar¡us gestuur het.
Afrikaans 1983 Hier volg nou 'n afskrif van die brief wat goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle ampsgenote, die goewerneurs in Wes-Eufraat, aan koning Darius gestuur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hier volg die afskrif van die brief wat Tattenai, streekgoewerneur van Wes-Eufraat, asook Setar-Bosnai en sy ampsgenote, die amptenare van Wes-Eufraat, aan koning Darius gestuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Tattenai, goewerneur van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en die ander hoë amptenare in Wes-Eufraat het vir koning Darius 'n brief gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier is nou ’n afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur van Wes-Eufraat, saam met Setar-Bosnai en die ander Persiese amptenare vir koning Darius geskryf het.