Ezra 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dieselfde tyd het Tatnai, goewerneur wes van die rivier, en Setarbosnai en hulle metgeselle na hulle gekom en so vir hulle gesê: Wie het julle beveel om hierdie huis te bou en hierdie muur te bou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die goewerneur Tattenai van die provinsie wes van die Eufraat, Setar-Bosnai en hulle amptenare het toe na Jerusalem toe gegaan en gevra: “Wie het vir julle toestemming gegee om hierdie tempel te herbou en die gebou klaar te maak?” |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en so aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi? |
| Afrikaans 1983 | Toe het goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle bondgenote na die Judeërs toe gekom en vir hulle gevra: “Van wie het julle opdrag gekry om dié tempel te herbou en sy timmerasie op te sit?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie tyd het Tattenai, •streekgoewerneur van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle ampsgenote na hulle gekom en vir hulle gevra: “Wie het julle opdrag gegee om hierdie huis te herbou en hierdie struktuur te voltooi?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe dit gebeur, het Tattenai, die goewerneur van Wes-Eufraat, en Setar-Bosnai en die ander amptenare saam met hulle na die Judeërs toe gekom en vir hulle gevra: “Wie het gesê julle moet hierdie tempel bou en sy dak opsit?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tattenai was in daardie stadium die goewerneur van Wes-Eufraat. Hy het Setar-Bosnai en ander amptenare saam met hom Jerusalem toe gevat en met die Judeërs gaan praat. Hy het vir hulle gevra: “Wie het gesê julle mag aangaan om die tempel te bou en te probeer klaarmaak?” |