Ezra 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Serubbabel, die seun van Seáltiël, en Jesua, die seun van Josadak, opgestaan en die huis van God wat in Jerusalem is, begin bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle gehelp het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In reaksie hierop het Serubbabel seun van Sealtiël en Jesua seun van Josadak, weer aan die tempel van God in Jerusalem begin bou. Die profete van God het hulle hierin bygestaan en ondersteun. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Serubb bel, die seun van Se ltiël, en J,sua, die seun van Josadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua seun van Josadak weer begin bou aan die tempel in Jerusalem. Die profete van God het hulle bygestaan en hulle ondersteun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Serubbabel, seun van Sealtiël, en Jesua, seun van Josadak, het gereedgemaak en die bouwerk aan die huis van die God van Jerusalem hervat. Hulle is daarin ondersteun deur die profete van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Serubbabel seun van Sealtiël en Jesua seun van Josadak het toe weer begin om die tempel in Jerusalem te bou. Die profete van God was by hulle en het hulle gehelp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle boodskappe het Serubbabel seun van Sealtiël en Jesua seun van Josadak aangevuur om weer die tempel van God in Jerusalem te begin bou. Hierdie mans van God het hulle hande sterk gemaak om dit te doen. |