Ezra 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As dit dan nou goed is vir die koning, laat daar in die skathuis van die koning wat daar in Babel is, ondersoek word of dit so is dat 'n bevel van koning Kores gemaak is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou, en laat die koning sy plesier aan ons oor hierdie saak stuur.
Afrikaans (NLV) 2011 “As dit vir u goed is, o Koning, soek dan in die koningsargiewe van Babel of koning Kores wel ’n dekreet uitgevaardig het dat hierdie tempel van God in Jerusalem herbou moet word. Laat ons dan asseblief weet, o Koning, wat u beslissing hieroor is.”
Afrikaans 1933/1953 As die koning dit nou goedvind, laat dan nagesoek word in die skathuis van die koning daar in Babel, of dit so is dat deur koning Kores bevel gegee is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou; en mag die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.
Afrikaans 1983 “As die koning dit dan nou goedvind, laat ondersoek doen in die koninklike argief daar in Babel en stel vas of dit so is dat koning Kores opdrag gegee het dat hierdie tempel in Jerusalem weer gebou moet word. Laat ons dan weet wat die koning se beslissing is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Daarom, as die koning dit goedvind, laat daar ondersoek ingestel word in die koninklike skatkamers daar in Babel of dit so is dat koning Kores opdrag gegee het vir die herbou van hierdie huis van God in Jerusalem. Die koning moet dan sy beslissing hieroor vir ons stuur.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die koning wil, dan moet jy nou iemand stuur om te kyk in die stoorkamers van die koning daar in Babel, hy moet kyk of dit waar is dat koning Kores gesê het hulle moet die tempel in Jerusalem weer bou, en dan moet jy vir ons laat weet wat jy besluit het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit dan vir u goed is, kyk ’n bietjie daar in die konings se geskiedenisse in Babel of hulle die waarheid praat as hulle sê dat Kores besluit het om die tempel in Jerusalem te herbou. Laat ons asseblief weet wat u oor hierdie saak besluit het.