Ezra 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het dieselfde Sesbassar gekom en die fondament gelê van die huis van God wat in Jerusalem is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Hierdie Sesbassar het gekom en die fondasie van die tempel van God in Jerusalem kom lê. Sedertdien het die mense daaraan kom werk, maar dit is nog nie voltooi nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hierdie S,sbassar gekom, hy het die fondamente van die huis van God in Jerusalem gelê, en van toe af tot nou toe is daar gebou, maar dit is nog nie voltooi nie. |
| Afrikaans 1983 | Dié Sesbassar het toe gekom en die fondamente van die tempel in Jerusalem gelê. Van daardie tyd af tot nou toe word daar gebou, maar dit is nog nie klaar nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het daardie Sesbassar gekom en die fondament van die huis van die God van Jerusalem gelê. Dit is van toe af tot nou in aanbou en is nog nie voltooi nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie Sesbassar het toe gekom en hy het die fondamente van die tempel gebou. Van daardie tyd af bou ons die tempel, maar ons is nog nie klaar nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sesbassar het toe gekom en die tempel in Jerusalem begin herstel. Van daardie tyd af tot nou toe gaan die bouery aan, maar dit is nog nie klaar nie.” |