Ezra 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Neem hierdie voorwerpe, gaan, bring dit na die tempel wat in Jerusalem is, en laat die huis van God op sy plek gebou word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het hom beveel om hierdie gebruiksvoorwerpe op hulle plek in die tempel in Jerusalem terug te sit. Hy moes ook die tempel van God weer herbou op die plek waar dit oorspronklik was.
Afrikaans 1933/1953 en hy het vir hom gesê: Neem hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Jerusalem, en laat die huis van God gebou word op sy plek.
Afrikaans 1983 Sy opdrag aan Sesbassar was: ‘Vat hierdie goed terug na die tempel toe in Jerusalem en bou die tempel weer op sy oorspronklike plek.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook vir hom gesê: “Neem hierdie voorwerpe en gaan sit dit terug in die tempel in Jerusalem en laat die huis van God op sy plek herbou word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kores het vir Sesbassar gesê: ‘Neem hierdie goed en gaan sit dit in die tempel in Jerusalem. En jy moet kyk dat mense die tempel weer bou waar dit gestaan het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het gesê hy moet al hierdie goed gaan terugsit op hulle plek in die tempel in Jerusalem sodra die tempel weer gebou is op die plek waar dit vroeër gestaan het.