Ezra 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook die voorwerpe van goud en silwer van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel wat in Jerusalem was en dit in die tempel van Babel ingebring het, dié het koning Kores uit die tempel van Babel geneem, en hulle is oorgelewer aan een wie se naam Sesbassar was, wat hy as goewerneur aangestel het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Nebukadnesar het goue en silwer voorwerpe uit die tempel van God in Jerusalem verwyder en in die tempel in Babel gesit. Maar koning Kores het dit weer teruggesit in die tempel in Jerusalem. Hy het die voorwerpe aan Sesbassar, wat hy as goewerneur van Juda aangestel het, vir veilige bewaring gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadn,sar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en in die tempel van Babel gebring het, dit het koning Kores uit die tempel van Babel uitgehaal, en dit is oorhandig aan een, met die naam van S,sbassar, wat hy as goewerneur aangestel het; |
| Afrikaans 1983 | Koning Kores het ook die goue en die silwergoed wat aan die tempel behoort en wat Nebukadnesar uit die tempel in Jerusalem verwyder en in die tempel van Babel laat sit het, weer uit die tempel in Babel laat haal en dit aan Sesbassar oorhandig, die man wat hy as goewerneur aangestel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook die voorwerpe van goud en silwer van die huis van God wat Nebukadnesar uit die tempel wat in Jerusalem was, weggeneem het en na die tempel in Babel geneem het, het koning Kores verwyder uit die tempel in Babel. Dit is oorhandig aan 'n persoon met die naam Sesbassar wat hy as streekgoewerneur aangestel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Kores het ook die goue goed en silwergoed teruggegee wat Nebukadnesar weggevat het uit die tempel in Jerusalem. Nebukadnesar het die goed in sy god se tempel in Babel gesit. Koning Kores het dit weggevat uit daardie tempel in Babel en hy het dit vir Sesbassar gegee. Sesbassar was die man wat hy gekies het om goewerneur van Juda te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kores het die goue en silwergoed laat haal wat Nebukadnesar destyds uit die tempel in Jerusalem weggevat en saamgevat het na sy eie god se tempel in Babel. Hy het dit vir ’n man gegee wat hy as goewerneur aangestel het. Sy naam was Sesbassar. |