Ezra 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nadat ons vaders die God van die hemel tot toorn geterg het, het Hy hulle gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër, wat hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Ons voorouers het egter die God van die hemel kwaad gemaak. Daarom het Hy hulle toe aan die mag van die Galdeër koning Nebukadnesar van Babel oorgelewer. ‘Nebukadnesar het hierdie tempel vernietig en die mense na Babilonië in ballingskap weggevoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadn,sar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer. |
| Afrikaans 1983 | Maar ons voorvaders het die toorn van die God van die hemel op hulle laat kom, en Hy het hulle oorgegee in die mag van die Galdeër koning Nebukadnesar van Babel wat die tempel verwoes het en die volk na Babel toe weggevoer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar omdat ons voorouers die God van die hemel kwaad gemaak het, het Hy hulle in die hand van Nebukadnesar, die koning van Babilonië, die Galdeër, oorgelewer. Hy het hierdie huis afgebreek en die volk na Babilonië weggevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons voorvaders het die God van die hemel kwaad gemaak, en toe het Hy die Galdeër, koning Nebukadnesar van Babel, laat wen teen hulle. Nebukadnesar het hierdie tempel verwoes en hy het die mense gevang en weggevat na die land Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat ons voorouers die God van die hemel kwaad gemaak het, het Hy hulle uitgelewer aan die magtige Nebukadnesar, die Galdese koning van Babel. Hy het hierdie tempel afgebreek en die volk na Babel toe weggevat. |