Ezra 5:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die profete, die profeet Haggai en Sagaria, die seun van Iddo, vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel, ook vir hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die tyd het die profete Haggai en Sagaria, die seun van Iddo, vir die Jode in Juda en Jerusalem in die Naam van die God van Israel geprofeteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar H ggai, die profeet, en Sagar¡a, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was. |
| Afrikaans 1983 | In dié tyd het twee profete opgetree, Haggai en Sagaria seun van Iddo. Hulle het die Judeërs in Juda en Jerusalem aangespreek in die Naam van die God van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die profete Haggai en Sagaria, kleinseun van Iddo, teen die Judeërs in Juda en Jerusalem begin profeteer in die naam van die God van Israel onder wie se gesag hulle gestaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profete Haggai en Sagaria seun van Iddo het boodskappe gebring vir die Judeërs in Juda en Jerusalem. Die God van Israel wat oor die Judeërs regeer, het hulle gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In daardie tyd was daar twee mans wat in Jerusalem en Juda God se boodskap gebring het. Die een was Haggai. Die ander was Iddo se seun Sagaria. |