Ezra 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Rehum, die kanselier, en Simsai, die skrywer, en die res van hulle metgeselle geskrywe; die Dinaïete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Argewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, die Dehaviete en die Elamiete, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Rehum die goewerneur en Simsai het die koning namens al hulle medewerkers gegroet. Dit was namens die regters en die plaaslike leiers, die amptenare uit Persië, die Babiloniërs en ook die mense uit Erek en Susan, dit is Elam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dina‹ete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete, |
| Afrikaans 1983 | Die skrywe was in die naam van die hoofamptenaar Regum, die sekretaris Simsai en die res van hulle bondgenote, die regters, die goewerneurs, die amptenare uit Persië, Erek, Babel en Susan, dit is Elam, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van Regum, hoof van die koninklike verteenwoordigers, en Simsai, die sekretaris, en ook die res van hulle ampsgenote; die regters, amptenare, Persiese gesante, verteenwoordigers van Uruk, Babiloniërs en Susa se Elamiete, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was die hoof-amptenaar Regum en die sekretaris Simsai wat die brief geskryf het saam met die regters en die ander amptenare, mense van die stede Erek, Babel en Susan in die land Elam, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié brief is geskryf onder die naam van die goewerneur Regum, die sekretaris Simsai en hulle kollegas, asook die ander amptenare uit Persië, Ereg, Babel en die Elamiete in Susan |