Ezra 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Rehum, die kanselier, en Simsai, die skrifgeleerde, het so 'n brief teen Jerusalem aan koning Artasasta geskryf:
Afrikaans (NLV) 2011 Die brief is deur die goewerneur Regum en Simsai die sekretaris geskryf met die doel om koning Artasasta oor die omstandighede in Jerusalem in te lig.
Afrikaans 1933/1953 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het 'n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artas sta, die koning, van die volgende inhoud:
Afrikaans 1983 Later het die hoofamptenaar Regum en die sekretaris Simsai 'n skrywe teen Jerusalem aan koning Artasasta gerig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Regum, hoof van die koninklike verteenwoordigers, en Simsai, die sekretaris, die volgende brief aan koning Artasasta oor Jerusalem geskryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-amptenaar Regum en die sekretaris Simsai het ook vir koning Ahasveros 'n brief geskryf en slegte dinge gesê van Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Regum, die man wat die Perse as goewerneur vir die gebied aangestel het om dit vir hulle te regeer, en sy sekretaris wat sy skryfwerk doen, het ook vir Artasasta ’n brief geskryf oor Jerusalem.