Ezra 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die dae van Artasasta het Bislam, Mitredat, Tabeel en die res van hulle metgeselle aan Artasasta, die koning van Persië, geskryf; en die skrif van die brief is in Aram geskrywe en in Aram uitgelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Later, toe koning Artasasta van Persië aan bewind was, het die vyande van Juda onder leiding van Bislam, Mitredat en Tabeël ’n brief in Aramees vir hom gestuur. Dit is vir koning Artasasta vertaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dae van Artas sta het Bislam, M¡tredat, T beël en sy ander partygenote aan Artas sta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief was Aramees geskrywe en in Aramees vertaal. |
| Afrikaans 1983 | In die regeringstyd van koning Artasasta van Persië het Bislam saam met Mitredat, Tabeël en sy ander bondgenote 'n brief aan die koning geskrywe. Die dokument was in die Aramese skrif en in die Aramese taal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en in die dae van Artasasta het Bislam, Mitredat, Tabeël en die res van hulle ampsgenote aan die koning van Persië 'n brief geskryf. Dit is in •Aramees geskryf, en vertaal. In Aramees: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die tyd toe Ahasveros koning was, het Bislam, Mitredat, Tabel en ander amptenare saam met hulle vir koning Ahasveros van Persië 'n brief geskryf. Hulle het die brief in die Aramese taal geskryf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later jare, toe Artasasta die koning was, het Bislam saam met Mitredat, Tabeël en almal wat met hulle saamgesweer het, ’n brief aan die koning van Persië geskryf. Dit is in Aramees geskryf. Iemand moes dit vir die koning vertaal. |