Ezra 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die regering van Ahasveros, in die begin van sy regering, het hulle aan hom 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 In die tyd toe Ahasveros koning geword het, het die teenstanders van Juda ’n brief geskryf waarin hulle die inwoners van Juda en Jerusalem aangekla het.
Afrikaans 1933/1953 En onder die regering van Ahasv,ros, in die begin van sy regering, het hulle 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.
Afrikaans 1983 Aan die begin van die regering van Ahasveros het hulle selfs 'n geskrewe klag teen die inwoners van Juda en Jerusalem ingedien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Reeds aan die begin van Ahasveros se bewind het hulle 'n klagskrif teen die inwoners van Juda en Jerusalem opgestel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe Ahasveros koning word, het hulle 'n brief geskryf en hulle het die mense van Juda en Jerusalem beskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jare later, toe Ahasveros so pas koning geword het, het hulle onmiddellik by hom gaan kla. Hulle het ’n klag teen die nuwe intrekkers van Juda en Jerusalem neergeskryf en dit vir die nuwe koning gaan gee.