Ezra 4:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die werk van die huis van God wat in Jerusalem is, gestaak. So het dit opgehou tot die tweede jaar van die regering van Daríus, die koning van Persië.
Afrikaans (NLV) 2011 Die werk aan die tempel van God in Jerusalem is toe gestop. Alles het net so bly lê tot in die tweede jaar van koning Darius van Persië se regering.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Dar¡us, die koning van Persië.
Afrikaans 1983 Die werk aan die tempel in Jerusalem is gestaak, en dit het bly lê tot die tweede regeringsjaar van koning Darius van Persië.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die werk aan die huis van die God van Jerusalem is toe gestaak tot in die tweede regeringsjaar van Darius, koning van Persië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs het opgehou om die tempel te bou, en hulle het nie verder gebou nie tot die tweede jaar nadat Darius koning van Persië geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die werk het toe tot stilstand gekom. Dit het net so bly lê tot in die tweede jaar wat Darius koning was.