Ezra 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die afskrif van die brief van koning Artasasta voorgelees is voor Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle metgeselle, het hulle haastig na Jerusalem opgegaan na die Jode en hulle met geweld en mag laat ophou.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hierdie brief van koning Artasasta aan Rehum, Simsai die skrywer en hulle amptenare voorgelees is, het hulle dadelik Jerusalem toe gegaan en die Jode gedwing om met die bouery op te hou.
Afrikaans 1933/1953 Net toe die afskrif van die brief van Artas sta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou.
Afrikaans 1983 Toe 'n afskrif van die brief van koning Artasasta voorgelees is aan Regum en aan die sekretaris Simsai en hulle bondgenote, is hulle haastig Jerusalem toe, na die Judeërs toe, en het hulle die werk met mag en geweld tot stilstand gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onmiddellik nadat die afskrif van die brief van koning Artasasta aan Regum en Simsai, die sekretaris, en hulle ampsgenote voorgelees is, het hulle inderhaas na Jerusalem gegaan, na die Judeërs, en hulle met mag en geweld gedwing om die werksaamhede te staak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Regum en die skrywer Simsai en die ander amptenare saam met hulle hoor wat die koning geskryf het, het hulle dadelik na Jerusalem gegaan, na die Judeërs toe, en hulle het gesê die Judeërs moet ophou werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die oomblik toe die brief van koning Artasasta vir Regum, die sekretaris Simsai en die ander amptenare gelees is, het hulle vinnig na die Judeërs in Jerusalem gegaan. Hulle het die Judeërs gedwing om op te hou met die werk.