Ezra 4:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pas nou op dat julle dit nie doen nie: waarom sou daar skade aan die konings toeneem? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee sonder versuim aandag aan die aangeleentheid sodat die belange van my ryk nie enige verdere skade ly nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Sorg dat julle nie nalatig is in dié saak nie, sodat die koningshuis nie nog groter skade ly nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees versigtig om nie nalatig hiermee te wees nie. Waarom moet die koning deur nog groter skade benadeel word?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet doen wat ek sê. Ek wil nie nog geld verloor nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee dadelik aandag aan die saak. Keer dat daar skade kom vir my ryk. |