Ezra 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee julle nou bevel om hierdie manne te laat ophou, en dat hierdie stad nie gebou word nie, totdat 'n ander gebod van My gegee sal word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom moet julle ’n bevel uitreik dat hierdie mense hulle boubedrywighede moet staak. Daardie stad moet nie herbou word nie, behalwe as ek self die opdrag gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee nou bevel dat die manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | Gee dus opdrag dat daardie manne gekeer word. Daardie stad mag nie herbou word voor ek opdrag gee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee daarom opdrag dat hierdie manne moet ophou werk. Daardie stad mag nie herbou word totdat ek die opdrag gee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle vir daardie mense sê hulle moet ophou om te bou. Hulle mag nie daardie stad weer bou nie, hulle moet wag totdat ek gesê het hulle mag dit bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet vir hierdie mense gaan sê om op te hou met hulle bouwerk. Die stad mag nie herbou word voordat ek self toestemming daarvoor gee nie. |