Ezra 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle by Serubbábel en by die familiehoofde gekom en vir hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want ons soek julle God soos julle doen; en ons offer aan hom van die dae af van Esarhaddon, die koning van Assur, wat ons hierheen gebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe vir Serubbabel en die ander leiers genader en gesê: “Ons wil saamwerk, want ons aanbid dieselfde God as julle. Ons het al van die tyd af toe koning Esarhaddon van Assirië ons hierheen gebring het, aan Hom offers gebring.”
Afrikaans 1933/1953 het hulle aangekom na Serubb bel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer ons van die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.
Afrikaans 1983 Hulle kom toe na Serubbabel en die familiehoofde toe en sê vir hulle: “Laat ons saam met julle bou. Ons vereer dieselfde God as julle. Ons bring vir Hom offers van die tyd van koning Esarhaddon van Assirië af deur wie ons hiernatoe gebring is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hulle Serubbabel en die familiehoofde genader met die versoek: “Laat ons julle help bou, want soos julle, streef ons ook die wil van julle God na. Ons bring al aan Hom offers sedert Esarhaddon, koning van Assirië, ons hierheen gebring het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyande het na Serubbabel en die familiehoofde toe gekom en vir hulle gesê: “Ons wil saam met julle bou, want ons dien ook julle God, en ons offer vir Hom vandat koning Esar-Haddon van Assirië ons hiernatoe gebring het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hulle met Serubbabel en die leiers van die families gaan praat. Hulle het aangebied: “Ons wil graag saam met julle die tempel herbou. Ons bid tot dieselfde God as julle. Vandat die Assiriese koning Esarhaddon ons van ons land af hiernatoe gebring het, offer ons ook vir julle God.”