Ezra 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het bevel gegee, en ondersoek is gedoen, en dit is gevind dat hierdie stad van ouds teen konings in opstand gekom het, en dat rebellie en opstand daarin gemaak is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het bevel gegee dat die rekords ondersoek word. Dit het aan die lig gekom dat Jerusalem van die vroegste tye af teen menige koning in opstand gekom het. Om die waarheid te sê, dit was ’n broeiplek vir opstand en rebellie!
Afrikaans 1933/1953 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat die stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.
Afrikaans 1983 Op my bevel is daar ondersoek gedoen en gevind dat daardie stad van ouds af teen konings in opstand was. Daar is voortdurend rebellie en revolusie gestook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe opdrag gegee en ondersoek is ingestel; en daar is bevind dat daardie stad hom van altyd af teen konings verset het en dat opstand en oproer daar gestook is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe gesê my mense moet kyk wat in die dagboeke geskryf is, en hulle het gesien dat daardie stad altyd opstandig was teen konings. Die mense van die stad het aangehou om mekaar opstandig te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gesê dat hulle in die geskiedenisboeke moet gaan kyk wat daar oor Jerusalem geskryf is. Dit het uitgekom dat hierdie stad inderdaad van lankal af teen die konings was. Daar was altyd weerstand en oproer in die stad.