Ezra 4:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het die koning 'n antwoord gestuur aan Rehum, die kanselier, en aan Simsai, die skrywer, en aan die res van hulle metgeselle wat in Samaria woon, en aan die res oorkant die Rivier: Vrede, en op so 'n tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het toe die volgende antwoord gestuur: “Ek groet die goewerneur Rehum, die sekretaris Simsai en al die amptenare wat in Samaria en die provinsie wes van die Eufraat woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samar¡a en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou -- |
| Afrikaans 1983 | Die koning het soos volg geantwoord: “Aan die hoofamptenaar Regum, die sekretaris Simsai en hulle bondgenote wat in Samaria en die res van Wes-Eufraat woon: Voorspoed! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het toe die volgende boodskap gestuur: “Aan Regum, die hoof van die koninklike verteenwoordigers, en Simsai, die sekretaris, en die res van hulle ampsgenote wat in Samaria woon, en aan die res van die mense van Wes-Eufraat: Vrede! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het 'n brief vir hulle teruggeskryf en gesê: Aan die hoof-amptenaar Regum, die sekretaris Simsai en die ander amptenare saam met hulle wat woon in Samaria en op ander plekke in die provinsie Wes-Eufraat: Ek hoop dit gaan goed met julle. En nou: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het hulle in ’n brief geantwoord: Aan Regum, Simsai die sekretaris en die ander amptenare wat in die provinsie Samaria en die res van Wes-Eufraat woon. Die koning groet julle. |