Ezra 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons verklaar die koning dat, as hierdie stad weer gebou word en die mure daarvan opgerig word, jy op hierdie manier geen deel sal hê aan hierdie kant van die rivier nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom stel ons dit aan u dat as hierdie stad herbou en die mure herstel is, die provinsie wes van die Eufraatrivier vir u verlore sal wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons maak die koning bekend dat, as die stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons bring tot die koning se kennis dat as dié stad herbou en sy mure herstel word, daar vir u in Wes-Eufraat niks sal oorbly nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons deel die koning mee dat, wanneer daardie stad herbou is en die mure voltooi is, u nie meer enige beheer oor Wes-Eufraat sal hê nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil hê die koning moet weet dat wanneer hulle hierdie stad weer gebou het en sy mure reggemaak het, dan sal jy niks in Wes-Eufraat hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons wil hê dat u baie goed moet weet dat u hierdie deel in Wes-Eufraat gaan verloor as die stad se mure eers eenmaal klaar gebou is en die stad reg is om oorlog te maak. |