Ezra 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat jy in die kroniekboek van jou vaders deursoek kan word; so sal jy in die kroniekboek vind en weet dat hierdie stad 'n opstandige stad is en skadelik vir konings en provinsies, en dat hulle oproerigheid daarbinne aangedryf het dieselfde van ouds: waarom is hierdie stad verwoes.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons stel voor dat u u voorgangers se argiewe nagaan om vas te stel hoe opstandig hierdie stad in die verlede was. Dit was juis vanweë ’n lang geskiedenis van verset teen die konings en lande wat hulle wou beheer, dat die stad vernietig is.
Afrikaans 1933/1953 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit verneem dat die stad 'n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is die stad verwoes.
Afrikaans 1983 dat as u in die annale van u voorgangers laat soek, u daar sal vind dat hierdie stad 'n rebelse stad was wat konings en provinsiale owerhede skade laat ly het. Van ouds af is daar revolusie gestook. Dit is waarom die stad verwoes is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat dit in die kronieke van u voorgangers nageslaan kan word. U sal in die kronieke vind dat hierdie stad nog altyd 'n opstandige stad was wat skade veroorsaak het vir die konings en die provinsies en wat opstand in hulle midde gestook het. Dit is waarom dit vernietig is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dat wanneer jy soek in die dagboeke van die konings wat voor jou regeer het, dan sal jy sien dat hierdie stad 'n opstandige stad was, dit het konings en provinsies baie geld laat verloor. Die mense van die stad het altyd probeer om ander mense opstandig te maak teen konings. Daarom het die konings die stad verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer u in die geskiedenisboeke van die konings wat voor u regeer het gaan kyk, sal u sien dat Jerusalem nog altyd moeilikheid gemaak het. Van lankal af al wou hulle niks weet nie en het hulle dit moeilik gemaak vir die Persiese koning en die ander volke in die provinsies. Dit is ook die rede hoekom die stad destyds verwoes is.