Ezra 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat ons nou onderhoud van die koning se paleis het, en dit nie vir ons gepas was om die oneer van die koning te sien nie, daarom het ons gestuur en die koning bekragtig; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons is egter as u onderdane aan u lojaal. Omdat ons nie wil sien dat dit u tot oneer strek nie, voorsien ons u van hierdie inligting. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet, |
| Afrikaans 1983 | Ons het 'n plig teenoor die paleis en dit pas ons nie om toe te sien dat die koning in sy eer aangetas word nie. Daarom laat ons die koning weet |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aangesien ons lojaal is aan die koning en omdat dit nie vir ons reg is om te sien dat die koning se eer aangetas word nie, stuur ons hierdie brief om die koning in te lig, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons werk vir die koning. Ons wil nie hê dat die koning geld moet verloor nie. Daarom stuur ons hierdie brief om vir die koning te laat weet |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat ons agter u staan en nie graag wil sien dat u skade ly nie, bring ons hierdie saak dringend onder die koning se aandag. |