Ezra 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit nou aan die koning bekend wees dat as hierdie stad gebou en die mure weer opgerig word, hulle dan geen tol, belasting en tol sal betaal nie, en so sal jy die inkomste van die konings in gevaar stel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U Majesteit moet egter weet dat as daardie stad eers herbou en die mure voltooi is, die Jode sal weier om enige belasting, heffings of tolgelde te betaal. Dit sal tot nadeel van u ryk se inkomste strek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as die stad opgebou en die mure voltooi is, geen belasting, opbrings of tol sal gee nie -- wat aan die inkomste van die konings skade sal doen. |
| Afrikaans 1983 | Nou moet die koning daarvan kennis neem dat as hierdie stad herbou en sy mure herstel is, hulle nie belasting, heffing of tol sal betaal nie. Die koning sal skade ly aan inkomste. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die koning dan nou weet dat, sodra daardie stad herbou is en die mure voltooi is, hulle nie meer belasting, heffings en tolgeld sal betaal nie, en dat die koning se inkomste daaronder sal ly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning moet ook weet dat wanneer hulle hierdie stad klaar gebou het en wanneer hulle sy mure reggemaak het, dan sal hulle nie belasting betaal nie. Die koning sal dan baie geld verloor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons wil betyds vir die koning sê dat hulle gaan ophou om hulle belasting aan die koning te betaal die oomblik dat die stad sterk genoeg is en sy mure herbou is. Die koning gaan dan geld verloor. |