Ezra 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit aan die koning bekend wees dat die Jode wat van jou af na ons opgetrek het, na Jerusalem gekom het om die wederstrewige en die slegte stad te bou en sy mure opgerig en die fondamente aan te sluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hiermee stel ons U Majesteit in kennis dat die Jode in Jerusalem wat uit Babel na ons teruggekeer het, besig is om daardie opstandige en slegte stad weer op te bou. Hulle het alreeds die fondasies herstel en sal die mure binnekort voltooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle. |
| Afrikaans 1983 | “Ons bring tot die koning se kennis dat die Judeërs wat daar van u af na ons toe getrek het, nouliks in Jerusalem aangekom het of hulle het begin om dié rebelse, slegte stad te herbou. Hulle is besig om die mure op te bou. Die fondamente is klaar gelê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ons stel die koning in kennis dat die Judeërs wat van u af vertrek het, by ons aangekom het en in Jerusalem is. Hulle herbou daardie opstandige en slegte stad. Nadat hulle die fondamente reggemaak het, is hulle nou besig om die mure op te rig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning moet dít weet: Die Judeërs wat van jou na ons toe gekom het, het na Jerusalem gegaan. Jerusalem is 'n opstandige en slegte stad. Hulle is besig om die mure te bou, die fondamente is klaar gebou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons wil hê die koning moet weet dat die Judeërs wat van die ander provinsies hier na ons toe getrek het, besig is om in Jerusalem saam te trek. Hulle is besig om daardie slegte en rebelse stad reg te maak vir oorlog. Hulle het die stad se mure weer begin opbou. Die fondament is reeds klaar. |