Ezra 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die res van die nasies wat die groot en edele Asnappar oorgebring en in die stede van Samaria gesit het, en die ander wat aan die ander kant van die Eufraat is, en in daardie tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook groete oorgedra namens al die mense wat die hoogaangeskrewe en beroemde Asenappar weggevoer en in Samaria hervestig het. Verder ook namens al die mense in die aangrensende lande van die provinsie wes van die Eufraatrivier. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die ander volke wat die groot en beroemde Asnappar weggevoer en in die stad Samar¡a en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. En nou -- |
| Afrikaans 1983 | en die mense van die ander volke wat deur die groot en beroemde Asenappar weggevoer is en gevestig is in die stede van Samaria en in die res van Wes-Eufraat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en van die ander volke wat die groot en beroemde Asnappar weggevoer en in die stad Samaria laat woon het, en van die res van die mense van Wes-Eufraat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ander mense wat hier in die stede van Samaria en die provinsie Wes-Eufraat kom woon het nadat die groot en belangrike koning Assurbanipal hulle hiernatoe gebring het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en die ander volke wat die beroemde Asenappar uit hulle lande na Samaria en die ander plekke in die Wes-Eufraat soontoe oorgeplaas het. |