Ezra 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die kinders van die ballinge die tempel vir die HERE, die God van Israel, gebou het;
Afrikaans (NLV) 2011 Die vyande van Juda en Benjamin het gehoor dat die ballinge besig was om die tempel van die Here, die God van Israel, te herbou.
Afrikaans 1933/1953 En toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge 'n tempel bou vir die HERE, die God van Israel,
Afrikaans 1983 Vyande van Juda en Benjamin het gehoor dat die ballinge besig is om 'n tempel te bou vir die Here die God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die vyande van Juda en Benjamin hoor dat die teruggekeerde ballinge besig was om 'n •tempel vir die Here, die God van Israel, te bou,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyande van die mense van Juda en Benjamin het gehoor dat die mense 'n tempel bou vir die Here, die God van Israel. Dit was die mense wat teruggekom het uit Babel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat daar gebly het in die tyd dat die Judeërs weggevoer is, was gekant teen die Judeërs en die Benjaminiete wat teruggekom het. Toe hulle agterkom dat die mense wat teruggekom het, begin het om die tempel van die Here, die God van Israel, te herbou,