Ezra 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het ook geld gegee aan die messelaars en aan die skrynwerkers; en spys en drank en olie vir die van Sidon en vir die van Tirus, om sederbome van die Líbanon na die see van Joppe te bring, volgens die geskenk wat hulle van Kores, die koning van Persië, gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eers het hulle klipkappers en skrynwerkers gehuur. Hulle het ook vir die mense van Sidon en Tirus kos, wyn en olyfolie gegee om vir hulle sederhout te bring. Hulle het die houtstompe afgebring uit die Libanonberge en na Joppe toe gebring. Dit is met toestemming van koning Kores van Persië gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers, en aan die Sidoniërs en Tiriërs voedsel en drank en olie om sederhout van die L¡banon te bring na die see, na Jafo, volgens die verlof van Kores, die koning van Persië, aan hulle. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe klipkappers en ander vakmanne gehuur en die Sidoniërs en Tiriërs met kos, drank en olie betaal om uit die Libanon sederhout met die see langs na Joppe toe te bring. Dit was in ooreenstemming met die vergunning van koning Kores van Persië. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hulle die klipkappers en vakmanne met silwer betaal. Die Sidoniërs en Tiriërs is met kos, drank en olyfolie betaal, om met die magtiging van Kores, die koning van Persië, vir hulle sederhout vanaf die Libanon tot by die see by Jafo te bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het geld gegee vir die mans wat klippe moes kap en vir die ander ambagsmanne, en hulle het vir die mense van Sidon en Tirus kos en wyn en olyf-olie gegee sodat hulle sederhout moet bring na die see by die stad Jafo. Koning Kores van Persië het gesê hulle mag dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het mense gehuur wat geweet het hoe om klippe vierkantig te kap waarmee hulle die tempel kon bou. Hulle het ook by die Sidoniërs en Tiriërs die dinge geruil wat hulle nodig gehad het. Hulle het by hulle kos, drank en olyfolie geruil vir sederhout wat die Sidoniërs in die Libanonberge gaan kap het. Hulle het van die boomstompe vlotte gemaak en dit in die see vir hulle na Joppe toe gebring. Dit was wettig. Die opdrag van Kores, die koning van Persië, het hulle toegelaat om dit te doen. |