Ezra 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van die eerste dag van die sewende maand het hulle begin om brandoffers aan die HERE te bring. Maar die fondament van die tempel van die HERE was nog nie gelê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Reeds vyftien dae voor die Huttefees sou begin, het die priesters al vir die Here brandoffers geoffer. Hulle het dit al gedoen selfs voordat hulle die fondasies vir die Here se tempel begin lê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan die HERE te bring, alhoewel die fondament van die tempel van die HERE nog nie gelê was nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het brandoffers vir die Here begin bring op die eerste dag van die sewende maand. Die fondamente van die tempel van die Here was nog nie gelê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vanaf die eerste dag van die sewende maand het hulle die brandoffers vir die Here begin offer. Die fondament van die •tempel van die Here was egter nog nie gelê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het op die eerste dag van die sewende maand begin om die brand-offers vir die Here te bring, maar toe het hulle nog nie die fondamente van die tempel van die Here gebou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle dus begin om weer gereeld daar by die plek waar die tempel was, vir die Here te offer. In daardie stadium was die hoeksteen van die nuwe tempel nog nie op sy plek gesit nie. |