Ezra 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die sewende maand aanbreek en die kinders van Israel in die stede was, het die volk as een man in Jerusalem bymekaargekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het hulle in hulle stede gaan vestig. Vroegherfs het die hele volk in Jerusalem bymekaargekom.
Afrikaans 1933/1953 En toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom.
Afrikaans 1983 Toe die sewende maand aanbreek, was die Israeliete dus oral in die stede. Hulle het egter soos een man in Jerusalem bymekaargekom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met die aanbreek van die sewende maand was die Israeliete al in hulle dorpe. Die volk het toe soos een man in Jerusalem byeengekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die sewende maand begin, was die Israeliete in die stede. Maar toe het hulle almal bymekaargekom in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die sewende maand van die jaar aanbreek, het die Israeliete van al die plekke waar hulle woon, in Jerusalem bymekaargekom.