Ezra 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het al die manne van Juda en Benjamin hulle binne drie dae in Jerusalem bymekaargekom. Dit was die negende maand, op die twintigste dag van die maand; en die hele volk het op die straat van die huis van God gesit en bewe oor hierdie saak en oor die groot reën.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die mense van Juda en Benjamin het binne drie dae in Jerusalem byeengekom. Dit was op 19 Desember. Al die mense het op die oop plein voor die tempel van God gesit. Hulle het van spanning gesit en bewe, maar ook omdat dit hard gereën het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe vanweë die saak self en vanweë die reënbuie.
Afrikaans 1983 Die manne van Juda en Benjamin het almal binne die drie dae in Jerusalem bymekaargekom. In die negende maand, op die twintigste van die maand, was al die mense op die tempelplein. Dit het gereën, en hulle het gebewe van die koue, maar ook van die spanning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manne van Juda en Benjamin het toe binne drie dae in Jerusalem bymekaargekom. Dit was in die negende maand, op die twintigste dag van die maand. Die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe van spanning hieroor, en ook as gevolg van die reënbuie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mans van Juda en Jerusalem het bymekaargekom voordat drie dae verby was. Dit was op die twintigste dag van die negende maand. Almal het op die oop stuk grond by die tempel gaan sit. Dit het gereën, en hulle het gebewe van die koue, maar ook omdat hulle bang was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die derde dag, dit was die twintigste van die negende maand, was al die mans wat in Juda en Benjamin bly, in Jerusalem. Hulle het op die plein voor die tempel van God bymekaargekom. Hulle het gestaan en bewe. Aan die een kant was hulle gespanne oor wat gaan gebeur. Aan die ander kant was dit koud en het dit aanhoudend gereën.