Ezra 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dat elkeen wat nie binne drie dae wou kom nie, volgens die raad van die vorste en die ouderlinge, al sy besittings verbeur sou word, en hy moes afgeskei word van die vergadering van die wat weggevoer is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die amptenare en die oudstes het ’n besluit geneem oor hierdie aankondiging. As mense hulle in drie dae nie hieraan steur nie, sal hulle hulle eiendom verloor en uit die gemeenskap van die ballinge gestoot word.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, die se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die ballinge uitgesluit word.
Afrikaans 1983 Die ampsdraers en die leiers het besluit dat al die besittings van enigiemand wat nie binne drie dae daar was nie, gekonfiskeer sou word en dat hy self afgesny sou word van die gemeente van ballinge wat teruggekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen wat nie binne drie dae sou opdaag soos die leiers en oudstes besluit het nie, se eiendom sou onder die ban wees en hyself sou uitgesluit word uit die gemeenskap van die ballinge.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoofde en die leiers het besluit dat almal moet kom, en dat hulle elkeen wat ná drie dae nog nie gekom het nie, sal wegjaag van die mense wat teruggekom het. Hulle sal ook sy goed vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van die priesters het besluit dat elkeen wat nie binne drie dae in Jerusalem opdaag nie, alles sal verloor wat hy besit. Hy sou ook nie langer as ’n Judeër beskou word nie.