Ezra 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe staan Esra voor die huis van God op en gaan in die kamer van Jóhanan, die seun van Eljasib, en toe hy daar kom, het hy geen brood geëet en geen water gedrink nie; want hy het getreur oor die oortreding van die wat weggevoer is.
Afrikaans (NLV) 2011 Esra het opgestaan en van die tempel van God af weggegaan na Joganan seun van Eljasib se kamer toe. Hy het geen brood geëet of water gedrink terwyl hy daar was nie, want hy het nog steeds oor die ontrouheid van die teruggekeerde ballinge getreur.
Afrikaans 1933/1953 En Esra het hom opgerig van voor die huis van God en weggegaan na die kamer van Johanan, die seun van ljasib. En hy het daar gekom; geen brood het hy geëet en geen water gedrink nie, want hy het rou bedrywe oor die ontrou van die ballinge.
Afrikaans 1983 en Esra is toe van die tempel af na die kamer van Joganan seun van Eljasib toe. Hy het daarheen gegaan maar niks geëet of gedrink nie, want hy was besig om te rou oor die troueloosheid van die ballinge wat teruggekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Esra opgestaan het voor die huis van God, het hy na die vertrek van Joganan, seun van Eljasib, gegaan. Hy het daarheen gegaan, maar glad nie brood geëet of enige water gedrink nie, omdat hy oor die ballinge se ontrouheid gerou het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Esra het weggegaan van die tempel en hy het gegaan na die kamer van Joganan seun van Eljasib. Hy het daarnatoe gegaan, maar hy het nie geëet of gedrink nie, want hy het gerou omdat die mense ontrou was, die mense wat gevangenes in Babel was en wat teruggekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esra is van die tempel af weg na die blyplek van Joganan die seun van Eljasib toe. Hy het die nag daar gebly. Hy het egter niks geëet of gedrink nie. Hy het getreur oor al die mense wat teruggekom het en nie aan die Here getrou gebly het nie.