Ezra 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Esra opgestaan en die owerpriesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer dat hulle volgens hierdie woord sou handel. En hulle het gesweer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esra het opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en die hele Israel ’n eed laat neem dat hulle sal doen wat hulle onderneem het. Hulle het toe die eed geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer. |
| Afrikaans 1983 | Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel 'n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer dat hulle hiervolgens sal optree. Hulle het toe ook so gesweer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Esra het opgestaan en hy het vir die leiers van die priesters en Leviete en al die ander Israeliete gesê hulle moet belowe dat hulle sal doen wat Sekanja gesê het. Hulle het dit belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Esra het toe so gemaak. Hy het die leiers van die priesters en die Leviete en die hele Israel laat sweer dat hulle so sal maak. Hulle het dit baie ernstig vir die Here belowe. |