Ezra 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons dan nou 'n verbond sluit met onse God om al die vroue en die wat uit hulle gebore is, te verwyder, volgens die raad van my heer en van die wat bewe vir die bevel van onse God; en laat dit geskied volgens die wet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom ons maak nou ’n verbond met ons God dat ons hierdie vroue en hulle kinders sal wegstuur. Ons sal u en die persone wat ons God se bevele respekteer se raad volg. Ons sal u raad gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat ons dan nou 'n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word. |
| Afrikaans 1983 | Kom ons maak 'n plegtige onderneming teenoor ons God dat ons al dié vrouens en hulle kinders sal wegstuur. Laat ons doen wat u en dié wat vir die gebod van ons God eerbied het, ons aanraai in ooreenstemming met die wet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons dan nou 'n verbond met ons God sluit om al die vroue en diegene wat uit hulle gebore is, weg te stuur, soos u, meneer, en ook die manne wat ontsag het vir ons God se gebod, ons aanraai. Daar moet volgens die wet opgetree word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons moet nou vir ons God belowe dat ons al hierdie vroue en hulle kinders sal wegstuur. Meneer en almal wat die wette van ons God respekteer, moet dit besluit. Ons moet doen wat die Here wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom ons belowe die Here dat ons al hierdie vroue en die kinders wat ons by hulle het, na hulle mense toe sal laat teruggaan. Dié onder ons wat die Here se wette ken, moet ons help en vir ons sê hoe ons moet maak. |