Ezra 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Segánja, die seun van Jéhiël, een van die seuns van Elam, het geantwoord en vir Esra gesê: Ons het oortree teen onse God en vreemde vroue van die volk van die land geneem; tog is daar nou hoop in Israel oor hierdie saak.
Afrikaans (NLV) 2011 Sekanja seun van Jegiël, uit die familie van Elam het gereageer en gesê: “Ons bely dat ons aan ons God ontrou was, ons het met hierdie vreemde vroue van die land getrou. Maar daar is tog nog hoop vir Israel.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Seg nja, die seun van J,hiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.
Afrikaans 1983 Sekanja seun van Jegiël, uit die nageslag van Elam, het toe begin praat. Hy het vir Esra gesê: “Ons het troueloos gehandel teen ons God, ons het met vreemde vroue getrou, vroue uit die heidennasies. Tog is daar nog hoop vir Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Seganja, die seun van Jegiël, uit die nageslag van Elam, het begin praat en vir Esra gesê: “Ons was ontrou teenoor ons God toe ons vreemde vroue van die naburige volke getrou het. Maar tog is daar hoop vir Israel in hierdie saak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sekanja seun van Jegiël, van die Elam-familie, het begin praat. Hy het vir Esra gesê: “Ons was ontrou aan ons God. Ons het getrou met vroue wat nie Israeliete is nie, hulle is mense van hierdie land. Die dinge het gebeur, maar ons kan nog hoop dat God dit goed sal laat gaan met Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van hulle, Sekanja seun van Jegiël uit die nageslag van Elam, het vorentoe gekom. Hy het vir Esra gesê: “Ons was nie getrou aan ons God toe ons met vroue uit die ander volke getrou het nie. Maar daar is miskien nog hoop vir Israel. Ons kan hierdie saak nog regmaak.