Ezra 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En onder die seuns van die priesters is gevind wat vreemde vroue geneem het, naamlik van die seuns van Jesua, die seun van Josadak, en sy broers; Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedalja. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier volg die lys van priesters wat met heidense vroue getrou het: Uit die familie van Jesua seun van Josadak en sy ampsgenote, was daar Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van J,sua, die seun van Josadak, en sy broers: Maäs,ja en Eliëser en Jarib en Ged lja. |
| Afrikaans 1983 | Daar is gevind dat die volgende priesters met vreemde vrouens getroud is: Uit die familie van Jesua seun van Josadak en sy ampsgenote was daar Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is gevind dat daar van die afstammelinge van priesters was wat met vreemde vroue getrou het: Uit die nageslag van Jesua, seun van Josadak, en sy familie, was dit Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was ook priesters wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie: Van die familie van Jesua seun van Josadak en sy broers was daar Maäseja en Eliëser en Jarib en Gedalja. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is bevind dat die volgende priesters met vreemde vroue getrou het: Uit die familie van Jesua die seun van Josadak en sy priesters was daar Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja. |