Ezra 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het op die eerste dag van die eerste maand 'n einde gemaak met al die manne wat vreemde vroue geneem het.
Afrikaans (NLV) 2011 Eers op 27 Maart van die volgende jaar het hulle met al die gevalle van mans wat met heidense vroue getrou het, klaargemaak.
Afrikaans 1933/1953 en met al die manne wat vreemde vroue getrou het, was hulle gereed op die eerste dag van die eerste maand.
Afrikaans 1983 en het al die sake van die manne wat met vreemde vrouens getrou het, afgehandel gehad op die eerste dag van die eerste maand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en teen die eerste dag van die eerste maand het hulle die saak van al die manne wat met vreemde vroue getroud was, afgehandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en op die eerste dag van die eerste maand van die volgende jaar het hulle die laaste van die mans wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie, van hulle vroue laat skei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Binne drie maande, op die eerste dag van die eerste maand, was die sake van die mans wat met vreemde vroue getrou het, afgehandel.