Ezra 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat nou ons owerstes van die hele vergadering staan, en laat almal wat vreemde vroue in ons stede geneem het, op vasgestelde tye kom, en saam met hulle die oudstes van elke stad en die regters daarvan, totdat die toorn van onse God hieroor saak van ons afgewend word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Laat ons leiers namens ons almal optree. Elkeen van ons wat ’n vreemde vrou het, kan dan op ’n vasgestelde tyd saam met die oudstes en regters van elke stad kom. Ons kan dit aanhou doen totdat ons God se verskriklike woede teenoor ons oor hierdie aangeleentheid bedaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye kom, en die oudstes en die regters van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, wat hierdie saak betref, van ons af te wend. |
| Afrikaans 1983 | Laat ons leiers namens die hele gemeente optree. Dan kan elkeen wat met 'n vreemde vrou getroud is, op 'n vasgestelde tyd uit ons stede kom saam met die gesagsdraers en die regters van die betrokke stad en die saak afhandel. So kan ons dan die toorn van ons God van ons af wegkeer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons leiers asseblief namens die hele gemeenskap optree. Dan kan almal in ons dorpe wat met vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye saam met die oudstes en regters van elke dorp kom, sodat die brandende toorn van ons God oor hierdie saak van ons afgewend word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons leiers kan hier bly en hulle kan die werk doen wat die hele vergadering moes doen. Almal in die stede wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie, kan dan kom wanneer hulle moet kom. Die leiers en regters van die stad kan saam met hulle kom en hulle kan dan doen wat hulle moet doen. Dit moet gebeur totdat die Here nie meer kwaad is vir ons nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee vir ons leiers die opdrag om hierdie saak af te handel. Elkeen wat met ’n vreemde vrou getrou het, kan ’n afspraak maak met die leiers en regters van sy dorp. Dan kan hy die saak saam met hulle afhandel. Op hierdie manier kan ons die Here se woede oor die saak laat ophou.” |