Ezra 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die mense is baie, en dit is 'n tyd van baie reën, en ons kan nie buite staan nie, en dit is nie 'n werk van een of twee dae nie, want ons is baie wat in hierdie saak oortree het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar u moet besef dat baie mense van die volk betrokke is by hierdie groot oortreding wat ons begaan het. Dit is nie ’n aangeleentheid wat in ’n dag of twee opgelos kan word nie. Boonop is dit die reënseisoen, ons kan nie so onbeskut bly staan nie.
Afrikaans 1933/1953 maar die mense is baie, en dit is die reëntyd -- dit is onmoontlik om buite te staan; en dit is nie 'n werk van een dag en nie van twee nie, want ons het in hierdie saak swaar oortree.
Afrikaans 1983 Maar ons is baie mense, en dit is reëntyd. Ons kan nie hier onder die blote hemel bly staan nie. Dit is nie 'n werk van een of twee dae nie, want baie van ons het dié sonde begaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hier is baie mense en dit is reëntyd. Ons het nie krag om buite te staan nie. Dit is nie 'n dag of twee se werk nie, want ons het baie oortree in hierdie saak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hier is baie mense, en dit reën. Ons kan nie hier buite bly staan nie. En ons sal nie in een of twee dae alles kan doen wat jy sê nie, want baie van ons het hierdie sonde gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het ook ’n voorstel gekom: “Ons is baie mense hier bymekaar. Dit reën aanmekaar. Ons kan nie die hele tyd hier buite in die reën bly staan nie. Hierdie ding kan ook nie binne ’n dag of twee klaargemaak word nie. Daar is baie van ons wat aan hierdie oortreding skuldig is.