Ezra 10:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bely dan nou die HERE, die God van julle vaders, en doen wat Hy wil, en skei julle af van die volk van die land en van die vreemde vroue. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bely teenoor die Here, die God van julle voorouers, en doen wat Hy wil hê julle moet doen. Maak julle los van die mense van die land en van hierdie vreemde vroue.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue. |
| Afrikaans 1983 | Doen belydenis voor die Here die God van julle voorvaders en doen wat Hy wil hê: skei julle af van die heidennasies en die vreemde vrouens.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, doen nou belydenis voor die Here, die God van julle voorgeslagte. Doen sy wil en skei julle af van die naburige volke en doen afstand van die vreemde vroue.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle nou bely voor die Here, die God van julle voorvaders. Julle moet doen wat Hy wil hê. Julle moet die ander mense in die land los, julle moet skei van die vroue wat nie Israeliete is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister nou na die Here. Respekteer die God van julle voorouers. Doen wat Hy van julle vra. Hou julle eenkant van die ander volke in die land. Stuur die heidense vroue met wie julle getrou het, terug na hulle eie mense toe.” |