Ezekiel 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle besig was om hulle dood te maak, en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, HERE HERE! sal U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deur u grimmigheid oor Jerusalem uit te stort?
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle gedoen het soos hulle beveel is, was ek alleen. Ek het op my gesig op die grond neergeval en gepleit: “O oppermagtige Here, sal U niemand in Israel laat oorbly as U u woede op Jerusalem afkoel nie?”
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle besig was om neer te slaan en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet?
Afrikaans 1983 Terwyl hulle aan die doodmaak was, het ek alleen agtergebly en ek het op my gesig platgeval en geroep: “Ag, Here my God, gaan U al wat van Israel oor is, uitroei terwyl U u toorn teen Jerusalem laat losbreek?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hulle so besig was om dood te slaan, het ek alleen oorgebly. Ek het neergeval met my gesig teen die grond, om hulp geroep en gesê: “Ag, Here, my Heer, gaan U almal wat oorgebly het van Israel uitroei terwyl U so u woede oor Jerusalem uitstort?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl hulle besig was om die mense dood te maak, het ek alleen agtergebly. Ek het gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het geskree: “Ag, Here, my Here, wil U al die Israeliete doodmaak wat nog lewe? Wil U hulle straf omdat U nou so kwaad is vir die mense van Jerusalem?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gesien hoe hulle die opdrag uitvoer. Ek was alleen. Toe het ek met my gesig op die grond voor die Here neergeval en gepleit: “Ag, Here my God, gaan U almal in Israel doodmaak omdat U woedend is oor Jerusalem se slegte dade?”