Ezekiel 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Maak die huis onrein en vul die voorhowe met gesneuweldes; gaan uit. En hulle het uitgetrek en in die stad gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 “Verontreinig my woonplek!” het die Here beveel. “Maak sy voorhowe vol met die lyke van die mense wat julle doodmaak! Gaan!” Toe het hulle deur die stad gegaan en gedoen soos hulle beveel is.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hulle: Verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word. Trek uit! En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad.
Afrikaans 1983 Die Here het vir die manne met die wapens gesê: “Verontreinig die tempel, maak die voorhowe vol lyke. Gaan dan verder.” Hulle het toe verder gegaan en die mense in die stad begin doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hulle: “Verontreinig die •tempel, maak die voorhowe vol gesneuweldes – gaan nou!” Hulle het uitgegaan en in die stad mense doodgeslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir die mans gesê: “Julle moet die tempel ontwy en julle moet die oop stukke grond vol lyke maak. Dan moet julle verder gaan.” Hulle het verder gegaan en hulle het die mense in die stad doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maak my huis onheilig; sorg dat niemand hier enige godsdienstige aktiwiteite kan verrig nie,” het die Here toe beveel. “Maak die area rondom my huis vol van die lyke van mense wat deur julle doodgemaak is! Gaan nou!” Die manne het toe deur die stad gegaan en presies gedoen soos die Here hulle beveel het om te doen.