Ezekiel 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dood oud en jonk, beide diensmeisies en kindertjies en vroue, dood, maar kom nie naby enige man op wie die merk is nie; en begin by my heiligdom. Toe begin hulle by die ou manne wat voor die huis was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak almal dood, jonk en oud, dogters en vroue en kindertjies. Maar julle mag nie raak aan iemand wat die merk het nie. Begin met julle werk hier by my heiligdom!” Hulle het eers die 70 leiers wat voor in die tempel gestaan het, doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was. |
| Afrikaans 1983 | Maak dood en roei uit die oumense, die jongmanne en jong vroue, die kinders en vrouens; moet net nie raak aan dié wat die merk het nie. Begin by my heiligdom!” Hulle het toe begin met die ou manne voor die tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ou mans, jong mans, maagde, kleuters en vroue moet julle om die lewe bring en sodoende uitroei. Maar aan enigeen op wie daar 'n kruisie is, mag julle nie raak nie. By my heiligdom moet julle begin.” Hulle het begin by die ou mans wat voor die tempel was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet almal doodmaak, oumanne en jongmanne, jongmeisies, kinders en vroue, julle moet hulle almal doodmaak. Maar julle moet niks doen aan die mense wat die merk op hulle voorkoppe het nie. Julle moet begin by die tempel.” Die mans het toe begin by die oumanne voor die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak die laaste een dood, of hy oud of jonk is, ’n meisie of ’n vrou of klein kindertjies. Die enigstes aan wie julle niks mag doen nie, is die mense wat deur hierdie man gemerk is. Begin sommer hier as julle by my huis uitstap.” Die manne het toe dadelik die 70 leiers doodgemaak wat voor vreemde afgode offers gebring het. |