Ezekiel 9:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir die ander het hy voor my ore gesê: Gaan agter hom aan deur die stad en slaan; laat julle oog nie spaar nie, en ontferm julle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hoor ek die Here sê vir die ander mans: “Loop agter hom aan deur die stad en maak almal dood wat nie ’n merk op hulle voorkop het nie. Julle mag geen genade bewys nie! Julle mag niemand jammer kry nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; |
| Afrikaans 1983 | Ek het gehoor die Here sê vir die ander manne: “Gaan agter hom aan deur die stad en slaan dood! Moenie verskoon nie, moenie jammer kry nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die ander mans het Hy, waar ek dit hoor, gesê: “Deurkruis die stad agter hom aan en slaan dood. Julle moet nie 'n traan stort of deernis hê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gehoor die Here sê vir die ander mans: “Julle moet agter hom deur die stad loop en julle moet almal doodmaak, elkeen wat julle sien. Julle moet vir niemand jammer wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hoor ek hoe die Here vir die ses ander manne sê: “Volg hierdie man soos hy deur die stad stap en maak elkeen dood wat nie deur hom op die voorkop gemerk word nie. Julle mag niemand oorslaan nie. Julle mag nie een jammer kry nie. |