Ezekiel 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir hom: Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorhoofde van die manne wat sug en roep oor al die gruwels wat in die middel daarvan gedoen word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê toe vir hom: “Gaan stap deur die strate van Jerusalem en sit ’n merk op die voorkop van elkeen wat huil en sug oor al die afskuwelike sondes wat hulle rondom hulle sien.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. |
| Afrikaans 1983 | en vir hom gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorkoppe van almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en sê vir hom: “Deurkruis die stad, deurkruis Jerusalem, en maak 'n kruisie op die voorkoppe van die mense wat sug en kla oor al die afskuwelikhede wat daarin gedoen word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir hom gesê: “Jy moet deur die stad loop, deur Jerusalem, en jy moet 'n merk maak op die voorkop van elke persoon wat sug en kla oor al die slegte dinge wat in die stad gebeur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê toe vir hom: “Stap deur die strate van die stad. Maak met jou pen ’n merk op die voorkop van almal wat hartseer is en wat huil oor die sondes wat hulle heeldag rondom hulle sien.” |